Jopie's
Accommodation
All our Accommodation
Local Accommodation
Local Accommodation Springbok
Die Ankerhuis
Bergmann's Hof
Kallie Fisher
Kokerboom
Captain's Cabin
Ou Dokters
Keerom
Eat
Art
Read
Explore
Show all activities
iReflect
Local iReflect
Local iReflect Springbok
Kinderlê
Richtersveld Transfrontier National Park
Vioolsdrif
Fort At Anenous
Klipfontein Hotel
Pella
Orbicule National Monument
The Synagogue
Cornish Beam Pump
Okiep - Cemetery
Van der Stel Mine
Smelter smoke-stack
Goegap Nature Reserve
First Dutch Reformed Church
Klipkerk
The Blue Mine
Klipkerk in Concordia
Anglican Church
Council Tree
Messelpad & The Old Jail
Horse Mill
Namaqua National Park
Soebatsfontein – The fountain
Bowesdorp
Kamieskroon
Darter’s Grave
The Methodist Church
Letterklip
Hondeklip Bay
Kleinzee
Contact us
My Cart
Sign in
Public Pricelist
Public Pricelist
Prev
8
9
10
11
12
13
14
Next
Sort by
Catalog price: High to Low
Catalog price: Low to High
Name: A to Z
Name: Z to A
Show categories
Books under R 250
Sale
Springboekie
R
170.00
R
170.00
170.0
ZAR
Springbokke het 'n superkrag. Hulle is die beste rugbyspelers, natuurlik.
Maar wat as jy 'n ander superkrag het? Dalk is LEES jou superkrag! Soos Springboekie! Springboekie is MAL daaroor om te lees. Hy wens net sy maats het ook daarvan gehou. Hulle wil net HEELDAG in die moddergat speel en hulle dink boeke is VERVELIG.
Gelukkig is Springboekie baie slim. Hy wys sy maats dat daar 'n boek vir elkeen bestaan. Selfs 'n kwaai leeu!
Sale
Sal 'n skilpad op jou piepie?
R
160.00
R
160.00
160.0
ZAR
Wat is 'n snotblom?
Hoe groot was 'n T-Rex se poef?
Eet mense in Frankryk regtig paddaboudjies en hoe smaak dit?
Wat is Hiënabotter?
Watter dier se piepie ruik soos springmielies?
Dis WALGLIK - maar dis WAAR!
WEES GEWAARSKU - hierdie boek is propvol feite wat jou kan NAAR MAAK en laat GRIL!
Word gril-gril slim en ontdek die grieselrige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!
Sale
Ouma Mollie gaan terug skool toe
R
190.00
R
190.00
190.0
ZAR
"Slaat my dood met 'n slap snoek!" roep ouma Mollie.
Haar naam is Mollewanta Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem - die grootste moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid.
Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Ouma Mollie onthou een middag sy het al baie goed vergeet. Daarom is dit tyd om terug skool toe te gaan - saam met klein Nina en Blapsie, haar hond. Op ouma Mollie se eerste skooldag, pluk sy haar snaakse ou skoolrok en 'n paar silwer tekkies aan. Tydens die les, leer sy die juffrou ook 'n paar nuwe dinge. Een daarvan: Tekkies gee mens knoptone, daarom moet jy hulle in die klas uittrek - selfs al stink jou voete VREESLIK!
Toe ouma Mollie (per ongeluk) die graadeentjies se nuwe juffrou word, is daar GROOT moelikheid. Maar nie so groot soos toe sy...
Nee wag, lees maar self wat ouma Mollie NOG aanvang.
Sale
Springbookaroo
R
170.00
R
170.00
170.0
ZAR
Springboks have a superpower. They play the best rugby, of course.
But... what if you have another superpower? What if your superpower is READING! While other Springboks are busy perfecting their rugby skills, Springbookaroo discovers his extraordinary superpower: READING!
Follow Springbookaroo's journey as he tries to share the joy of reading with his MUD-LOVING friends. Can he convince them that books are anything but boring, even for an angry lion?
Find out in this heartwarming story that celebrates the magic of books and the power of friendship.
Sale
Kan 'n walvis winde los?
R
170.00
R
170.00
170.0
ZAR
Wat laat mense in zombies verander?
Watter oulike dierebabas eet hul ma se poef?
Kan 'n gorilla puisies kry?
Watter voëltjie los winde om sy prooi te vang?
Dis WALGLIK - maar dis WAAR!
WEES GEWAARSKU - hierdie boek is propvol dierefeite wat jou kan NAAR MAAK!
Word gril-gril slim en ontdek die grieselrige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!
Sale
In opleiding: Dokter
R
180.00
R
180.00
180.0
ZAR
Wil jy graag 'n regte egte DOKTER word?
"Dokter in Opleiding" bevat brokkies inligting oor die menslike liggaam en sal jou leer hoe om vir jou liggaam te sorg.
Voltooi die eenvoudige aktiwiteite om praktiese ervaring as 'n dokter te kry. Die aktiwiteite sal jou leer wat dit beteken om 'n dokter te wees en hoe om mense te help om gesond te bly.
"In Opleiding" is 'n wonderlike reeks wat kinders opgewonde sal maak oor allerlei onderwerpe soos wiskunde, tegnologie, ingenieurswese, die kunste en die wetenskap. Kinders kan ook oor verskillende beroepe leer - van 'n ruimtevaarder tot 'n dokter.
Sale
In opleiding: Ingenieur
R
180.00
R
180.00
180.0
ZAR
Wil jy graag 'n regte egte INGENIEUR word?
"Ingenieur in Opleiding" bevat brokkies inligting wat jou sal leer hoe van die vaardighede wat jy benodig om 'n ingenieur te word.
Voltooi die eenvoudige take om praktiese ervaring in die verskillende ingenieursberoepe te kry en leer hoe om soos 'n ingenieur te dink.
"In Opleiding" is 'n wonderlike reeks wat kinders opgewonde sal maak oor allerlei onderwerpe soos wiskunde, tegnologie, ingenieurswese, die kunste en die wetenskap. Kinders kan ook oor verskillende beroepe leer - van 'n ruimtevaarder tot 'n dokter.
Sale
In opleiding: Ruimtevaarder
R
180.00
R
180.00
180.0
ZAR
Wil jy graag 'n regte egte RUIMTEVAARDER word?
"Ruimtevaarder in Opleiding" bevat brokkies inligting wat jou alles sal leer oor die ruimte, sterrekunde en die lewe op die Internasionale Ruimtestasie.
Jy kan eenvoudige maar leersame aktiwiteite voltooi terwyl jy op 'n ongelooflike reis deur die ruimte geneem word.
"In Opleiding" is 'n wonderlike reeks wat kinders opgewonde sal maak oor allerlei onderwerpe soos wiskunde, tegnologie, ingenieurswese, die kunste en die wetenskap. Kinders kan ook oor verskillende beroepe leer - van 'n ruimtevaarder tot 'n dokter.
Sale
In opleiding: Brandbestryder
R
180.00
R
180.00
180.0
ZAR
Sale
In opleiding: Veearts
R
180.00
R
180.00
180.0
ZAR
Wil jy graag 'n regte egte VEEARTS word?
"Veearts in Opleiding" bevat brokkies inligting wat jou alles sal leer oor diere en hoe om hulle te versorg.
Voltooi die verskillende aktiwiteite om praktiese ervaring te kry terwyl jy al die verskillende take van 'n veearts verken en diere gesond leer hou.
"In Opleiding" is 'n wonderlike reeks wat kinders opgewonde sal maak oor allerlei onderwerpe soos wiskunde, tegnologie, ingenieurswese, die kunste en die wetenskap. Kinders kan ook oor verskillende beroepe leer - van 'n ruimtevaarder tot 'n dokter.
Sale
In opleiding: Kodeerder
R
180.00
R
180.00
180.0
ZAR
Wil jy graag 'n regte egte KODEERDER word?
"Kodeerder in Opleiding" bevat brokkies inligting oor rekenaarkodering en sal jou leer watter oplossings-vaardighede 'n kodeerder nodig het.
Voltooi die eenvoudige aktiwiteite om praktiese ervaring as 'n kodeerder te kry. Jy sal leer hoe om soos 'n kodeerder te dink en kodes te skryf.
"In Opleiding" is 'n wonderlike reeks wat kinders opgewonde sal maak oor allerlei onderwerpe soos wiskunde, tegnologie, ingenieurswese, die kunste en die wetenskap. Kinders kan ook oor verskillende beroepe leer - van 'n ruimtevaarder tot 'n dokter.
Sale
In opleiding: Wetenskaplike
R
180.00
R
180.00
180.0
ZAR
Wil jy graag 'n regte egte WETENSKAPLIKE word?
"Wetenskaplike in Opleiding" bevat brokkies inligting wat jou sal leer oor seisoene, kragte, lewensiklusse en nog baie meer.
Voltooi die eenvoudige aktiwiteite om praktiese ervaring in 'n opwindende laboratorium te kry.
"In Opleiding" is 'n wonderlike reeks wat kinders opgewonde sal maak oor allerlei onderwerpe soos wiskunde, tegnologie, ingenieurswese, die kunste en die wetenskap. Kinders kan ook oor verskillende beroepe leer - van 'n ruimtevaarder tot 'n dokter.
Sale
Lea gaan skool toe
R
180.00
R
180.00
180.0
ZAR
Lea wil nie skool toe gaan nie. Skool maak haar bang en daar is nie maatjies wat met haar wil speel nie. Maar dan lees haar mamma vir haar uit die Kinderbybel dat sy nie bang hoef te wees nie, en dat Jesus baie lief is vir haar! Lea besluit om skool maar nog 'n kans te gee.
"Lea gaan skool toe" is geskryf deur Zuléka Smit, skrywer van die gewilde Ben-reeks wat die boeke "Ben gaan skool toe", "Ben en die groot toets" en "Ben en die boelies" insluit. Zuléka is 'n onderwyser en 'n mamma wat die hart van 'n kind verstaan.
Sale
Rondomtalie
R
220.00
R
220.00
220.0
ZAR
Sale
Weg
R
200.00
R
200.00
200.0
ZAR
Niekie verdwyn spoorloos. Kort nadat sy en haar kêrel baklei het...
Die polisie is nie dadelik agterdogtig nie - Niekie het immers al voorheen die pad gevat sonder om enige iemand te sê.
Maar haar kêrek, Zack, is bekommerd. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Sal sy sommer net wegbly uit die skool sonder om enige iemand te sê? Hoekom antwoord sy nie sy oproepe nie? Ignoreer sy hom dalk net omdat sy vies is vir hom?
Toe Zack boonop haar woonstel verlate aantref, wéét hy iets is verkeerd. Baie verkeerd. Niekie se verfkwaste staan nog net soos sy dit gelos het.
Zack is seker Niekie is ontvoer. En saam met hule vriende begin hy 'n spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei... voor dit te laat is.
'n Naelbyt-spanningsverhaal vir tieners wat jou tot op die laaste bladsy sal laat asem ophou.
Sale
Baster
R
240.00
R
240.00
240.0
ZAR
Terwyl Karel self vir Potlood begrawe, neem hy hom voor om nooit weer 'n hond te hê nie. Nooit, nooit, nooit weer nie. "Ek sal seker maak ek raak nooit weer lief vir 'n hond nie, want ek wil nooit weer voel wat ek vandag voel nie," sê hy vir sy meisie. Maar gerugte van honde-ontvoerings en wrede onwettige hondegevegte, laat sy pad kruis met 'n baster-foksterriër wat heeldag aan 'n paaltjie vasgemaak, moet oorleef. Van daardie oomblik raak Karel en Baster se lewens so verweef dat hulle eindelik saam uitvind dat die pyn wat hulle tot nou toe leer ken het, nie kan opweeg teen die pyn wat nog sou kom nie.
Sale
Vyf verlore vere
R
220.00
R
220.00
220.0
ZAR
Colette, 'n klein hennetjie, ontdek die gans, Viviane, se verlore veer tydens haar daaglikse uitstappie en besluit om dit te gaan teruggee. Kort daarna ontdek Viviane op haar beurt 'n verlore veer. Dit behoort sekerlik aan Gaston, die kalkoen, wat ook 'n veer verloor het.
Maar hoekom waai sulke mooi vere die wêreld vol?
Sale
Lisa Liefbesie se sewe verlore kolle
R
180.00
R
180.00
180.0
ZAR
Ontmoet Lisa Liefbesie, 'n pragtige liewenheersbesie met bloedrooi vlerkies en helder swart kolle. Sy is geliefd deur al die diere op die groot plaas waar sy woon. Maar op har verjaarsdag gebeur iets skrikwekkends - haar mooi kolletjies verdwyn spoorloos! Volg Lisa op 'n opwindende avontuur terwyl sy soek vir haar kolle. Ontmoet vriende soos Kollehond, Bessie die frieskoei, en Takelane Tarentaal, wat almal probeer help om die raaisel op te los.
Sal Lisa haar kolletjies vind voordat haar verjaarsdagpartytjie verby is?
Sale
'n Klein bietjie magic
R
230.00
R
230.00
230.0
ZAR
Soms voel dit net of daar 'n bietjie magic in die lug is...
Toe Janke se pa-hulle besluit hulle gaan nie hierdie Desember op Gourits vakansie hou soos gewoonlik nie, is sy nie baie beïndruk nie. En nog minder toe sy uitvind hulle gaan vir vier weke na die piepklein, geïsoleerde kusdorpie McDougallsbaai in die Noord-Kaap. 'n Piepklein dorpie saam met 'n oorbeskermende ma is NIE Janke se idee van 'n prettige vakansie nie...
Ten minste is daar 'n oulike buurseun, Stefan, wat vinnig die ligpunt van Janke se vakansie word. Daar is net iets aan Stefan se sjarme en die verlatenheid van die dorpie onder die groot sterrehemel wat haar laat voel daar is iets magical in die lug... En wie weet wat kan gebeur?
Sale
'n Hart is net Atome
R
230.00
R
230.00
230.0
ZAR
Poh die Ystervuis. Dis wat Poh se beste vriend, Theo, haar noem. Na jare se oefen het sy hierdie jaar haar oog op die Gouevuistoernooi. Die enigste probleem is dat haar baie tradisionele Chinese pa net mooi niks wil weet van sy dogter se boksdrome nie.
Asof Poh en haar pa se konstante baleiery daaroor nie genoeg is nie, het sy nog 'n probleem: Sy is stilletjies verlief op Theo, maar hy het skielik net oë vir Nisa - die gewildste meisie in die skool. Tot almal se verbasing stem Nisa in om met Theo uit te gaan, maar Poh vermoed sy het 'n verskuilde agenda.
Die Ystervuis gaan haar handskoene vir 'n ander soort geveg moet aantrek. Sy beraam 'n plan om te keer dat Theo in Nisa se kloue beland. Poh moet net seker maak sy boks nie bo haar gewig nie...
Prev
8
9
10
11
12
13
14
Next